Die Maties is gereed om hulle oorblywende tuisbepalings te benut en sodoende te verseker hulle eindig onder die voorste vier spanne in die jaar se Varsity Netbal.
Na die span se oorwinning teen die Madibaz in Port Elizabeth lê die Maties binne trefastand van beide UJ en die Kovsies, teen wie hulle nog albei moet speel. Sondag het Maties die kans om vir UJ verby te steek en dan is daar Maandag ‘n wedstryd teen bure UCT waar Maties graag ‘n bonuspunt sal wil versamel.
Die sukkelende VUT moet dan ook die volgende Maandag na Stellenbosch reis voor Maties teen die Kovsies waarskynlik hulle taaiste toets gaan hê. Op hierdie stadium sal daardie wedstryd waarskynlik bepaal hoe die finale rangorde lyk en die Maties sal teen dan op alle silinders wil vuur.
Sondag is al agt die Varsity Netbal spanne in aksie by die Coetzenburg Sentrum en dit sal vir die Maties ‘n goeie geleentheid wees om hulle opponente te analiseer. Met gunstige bepalings en goeie ondersteuning van hulle passievolle ondersteuners is die Maties in ‘n goeie posisie om hulle stempel af te druk in 2016 se Varsity Netbal.
Sondag:
Maties vs UJ, 17:30 (Live op SuperSport Select)
Maandag:
Maties vs UCT, 19:00 (Live op SuperSport Select)
Maties se oorblywende bepalings:
Maties vs VUT, 26 September, Coetzenburg Sentrum
Maties vs Kovsies, 29 September, Coetzenburg Sentrum
Maties Varsity Netbal Groep:
Juline Rossouw (Kaptein), Jo Prins (Onderkaptein), Charmaine Baard, Cari Swart, Somari Els, Sasha-Lee Petersen, Nelandré Mostert, Saskia Stander, Stephanie Brandt, Annerine Snyman, Abeline Olivier, Carla Werth, Megan Gossman, Leanne Nigrini, Allison Malgas.
Deur Dorfling Terblanche










































